The South African Rugby Union (SARU) has written to the French Rugby Union (FFR) expressing South Africa’s dismay at the performance of the national anthem before Friday night’s Test match in Toulouse.
“As a union we were shocked and horrified by the rendition of the anthem and I contacted the French Federation on Saturday morning to express our very grave concerns,” said Mr Oregan Hoskins, president of SARU.
“The performance of the anthem is a treasured part of any rugby international and we take great pains in this country in the selection and rehearsal of artists to ensure that we appropriately honour all anthems.
“Something went seriously awry in Toulouse and the upshot was that offence has been caused not just to the Springboks and SARU but to South Africans in general.
“I congratulate France on their victory in the Test match, but look forward to their response on this important issue.”
SARU voel ontevrede oor sing van Volkslied in Toulouse
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) het 'n skrywe aan die Franse Rugbyunie (FFR) gerig waarin hy sy ontevredenheid uitgespreek het oor die manier waarop die volkslied voor Vrydagaand se toets in Toulouse gesing is.
“As 'n unie was ons geskok en omgekrap oor die manier waarop die volkslied uitgevoer is en ek het die FFR reeds Saterdag gekontak om ons bekommernis hieroor uit te spreek," het Mnr. Oregan Hoskins, president van SARU, gesê.
“Die sing van die volkslied is 'n belangrike deel van enige rugbytoets en ons ontsien geen moeite in hierdie land met die keuse van kunstenaars en die inoefening van die volksliedere nie, om sodoende seker te maak dat ons alle volksliedere op die regte wyse eer.
“Iets groots het skeefgeloop in Toulouse en die nadraai is dat daar nie net ongelukkigheid by die Springbokke en SARU was nie, maar by Suid-Afrikaners in die algemeen.
“Ek wil Frankryk gelukwens met hul oorwinning in die Toets en sien uit na hul terugvoer in hierdie belangrike saak."
Click here to go back to news archives