NEWS ARTICLES
Griekwas, Kings stoom voort
September 03, 2012
Die spanne van GWK Griekwas en die Kings is steeds onoorwonne na drie rondtes van Absa se Onder-21 Provinsiale Kampioenskappe (Eerste Liga).

Die span van Kimberley het sy goeie spelpeil behou teen die Regent Boland Kavaliers en ‘n belangrike oorwinning in Wellington behaal deur met 21-16 te wen. Die Kings het die Valke met 46-14 in Kempton Park geklop, terwyl die Ford Pumas ook op die wenpad kon bly met hul sege van 32-27 teen SWD in Nelspruit.

Op die Hugenote-veld in Wellington het die tuisspan aanvanklik voorgeloop danksy twee strafdoele deur Ashley Esau, maar ‘n verdoelde drie deur Griekwas in die 25ste minuut het die bordjies tot rustyd verhang.

In die tweede helfte het Boland weer die voortou geneem toe Esau ‘n drie deur regtervleuel Lesley Gertse verdoel het. ‘n Strafdoel deur Hagen Mumba het die voorsprong na 16-7 gerek. ‘n Geelkaart teen Lukas Steenkamp het egter die Boland met 14 spelers in die laaste tien minute gelaat en danksy verdoele drieë deur Visser Vermaas en Martin Knoetze kon Griekwas die numeriese voordeel tot eie gewin uitbuit.

Die Kings het veral in die tweede helfte die krane teen die Valke oopgedraai. Hulle was 17-7 voor rustyd met Arafat Kock se drie vir die Valke ‘n ligpunt vir die tuisskare, maar die tweede helfte was daar slegs een span op die veld.

Die Kings het sewe drieë gedruk, met sy puntemasjien Kayle van Zyl wat ‘n vyfpunter, doelskop en strafdoel by sy totaal vir die seisoen gevoeg het.

In Nelspruit het die Pumas skitterend teruggeveg deur die Arende te klop. Die besoekers was 20-10 voor met rustyd. Die Pumas was aanvanklik 10-0 voor, maar twee verdoelde drieë net voor die rustyd met skielik die momentum in die wedstryd verander.

Die tuisspan het egter danksy vyfpunters deur Cornè Rautenbach en Kulu Ngozo weer die voortou geneem en toe Malcolm Moore ook gaan druk in die 76ste minuut was die uitslag bo alle twyfel.

Jerome Fillies het in die doodsnikke weer vir die Kavaliers oorgeduik en danksy Keanin Esau se doelskop kon die besoekers met ‘n bonuspunt terugkeer huistoe.

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
Vodacom Super Rugby
Friday, May 24 2013
09:35 - Chiefs vs Crusaders
Waikato Stadium, Hamilton
11:40 - Rebels vs Waratahs
AAMI Park, Melbourne
Saturday, May 25 2013
09:35 - Blues vs Brumbies
Eden Park, Auckland
11:40 - Force vs Highlanders
NIB Stadium, Perth
15:00 - Southern Kings vs Cheetahs
Nelson Mandela Bay Stadium, Port Elizabeth
17:05 - Stormers vs Reds
DHL Newlands, Cape Town
19:10 - Sharks vs Bulls
Kings Park, Durban
Friday, May 31 2013
09:35 - Crusaders vs Waratahs
AMI Stadium, Addington Christchurch
11:40 - Brumbies vs Hurricanes
Canberra Stadium, Canberra
2013 British & Irish Lions
Saturday, June 01 2013
00:00 - Barbarians vs Lions
Hong Kong Stadium, Hong Kong

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.