NEWS ARTICLES
Griekwas maak dit twee uit twee
August 27, 2012
In die Absa Onder 21 Eerste Liga Provinsiale Kampioenskappe het GWK Griekwas en die EP Kings op die wenpad gebly, terwyl die Ford Pumas ‘n goeie sege weg van die huis behaal het.

Griekwas het in Kimberley te veel skietgoed vir die Griffons gehad en met 40-14 gewen, nadat hy rustyd met 20-7 voor was.

Die tuisspan het aanvanklik gesukkel om die besoekers baas te raak en kon eers na 20 minute sy eerste punte op die telbord plaas toe Jonty Gray met die eerste van drie strafdoele geslaag het. Gray het ook met drie doelskoppe geslaag en sy puntetotaal in die reeks staan nou op 31 na twee wedstryde.

Griekwas het twee keer in die eerste helfte en drie keer in die tweede helfte gaan druk.

Die Kings het Vrydag op George behoorlik geswoeg om die SWD Arende onder te kry en uiteindelik met 33-22 te wen. Die tuisspan was rustyd nog voor met 19-16, maar die Kings kon die wenmomentum opbou toe Shadrack Claassen met ‘n geelkaart van die veld gestuur is.

Die Kings het net daarna gaan druk om die voorsprong te verkry en het nie weer teruggekyk nie. Shane Gates se drie in die 60ste minuut het die Arende se lot verseël.

Kayle van Zyl, wat verlede week 36 punte aangeteken het, was weer produktief met ‘n drie, twee doelskoppe en vier strafdoele en het nou 57 punte in twee wedstryde aangeteken.

Die Ford Pumas het met ‘n skitterende terugvegpoging teen die Regent Boland Kavaliers in Worcester sy eerste sege verseker.

Die tuisspan was rustyd met 17-3 voor na drieë deur Frank Kuhn en Gerswin Moses, maar die eindpoging het aan die besoekers behoort.

Ashley Esau het met ‘n strafdoel die Bolanders se voorsprong na 20-3 gerek, maar toe ‘n geelkaart vir Reinart Ellman gewys is met die telling 20-10, kon die Pumas deurbreek.

‘n Drie deur Gerhard Pretorius en nog een deur Kulu Ngozo in daardie tien minute was deurslaggewend vir die besoekers en hulle kon met 24-20 wen.

•GWK Griquas and EP Kings stayed on the winning track in round two of the Absa Under-21 First Division Provincial championships, while Ford Pumas came from behind in the dying minutes to beat Regent Boland Kavaliers and earn a first win.

In Kimberley, Griquas had too many weapons in its arsenal for a gutsy Griffons side and won 40-14 after leading 20-7 at the break.

The visitors proved tough to break down and Griquas only managed to get the score board going in the 20th minute when Jonty Gray kicked a penalty.

Gray eventually kicked two more and was successful with three conversions to bring his season tally to 31 points after two matches.

Griquas scored twice in the first half and three times after the break to romp home.

On Friday, the Kings battled to edge out the SWD Eagles. They won 31-22 after trailing 19-16 at the break.

The visitors got their break when Shadrack Claassen was yellow carded. The Kings scored shortly after that and when Shane Gates dotted down after an hour’s play, there was no way back for the Eagles.

Kayle van Zyl, who scored 36 points last weekend, was again in a productive mood and kicked two conversions, four penalties and added a try to his impressive tally of 57 points in two matches.

In Worcester, the Ford Pumas came from the death to steal a 24-20 win from the Boland.

The Kavaliers scored early through Frank Kuhn en Gerswin Moses and were in control at the break, leading 17-3.

They extended that to 20-3 with a penalty, but when Reinart Ellman was sin-binned, the visitors pounced.

Two tries in the space of those ten minutes by Gerhard Pretorius and Kulu Ngozo followed and by the time Human returned, the Pumas were up 24-20 and could hold on for a great win.

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
2015 Community Cup Qualifying - KZN Fidelity Security Moor Cup
Thursday, July 24 2014
20:00 - FNB UKZN Impi vs SA Home Loans Durban Collegians
Peter Booysen Park, UKZN Pietermaritzburg Campus
Inter Provincial Women B
Friday, July 25 2014
12:00 - Leopards vs Griquas
Profert Olen Park, Potch
2015 Community Cup Qualifying - Mpumalanga Leagues
Saturday, July 26 2014
00:00 - Winner QF1 vs Winner QF3
2014 Commonwealth Games
09:32 - New Zealand vs Canada
Vodacom Super Rugby
09:35 - Crusaders vs Cell C Sharks
AMI Stadium, Addington, Christchurch
2014 Commonwealth Games
09:54 - Australia vs Sri Lanka
10:16 - Kenya vs Cook Islands
11:00 - Wales vs Malaysia

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.