NEWS ARTICLES
Leeus klop KZN, WP wen weer
September 24, 2012
Die terugkeer van Pieter Steph du Toit vir KwaZulu-Natal se o.21-span het nie ‘n gelukkige einde gehad nie, toe die besoekers met 32-31 deur die MTN Goue Leeus geklop is.

Du Toit, een van die Junior Bokke se sterre tydens hul verowering van die Internasionale Rugbyraad se Junior Wêreldbekertoernooi, het op slot uitgedraf na hy van ‘n besering herstel het.

Die wedstryd was deurentyd op ‘n mespunt gebalanseer, met die Leeus wat 13-12 voor was met rustyd.

Albei spanne het drie keer gaan druk, met slegs ‘n ekstra suksesvolle doelskop deur die Goue Leeus wat die verskil tussen wen en verloor beteken het.

KZN het hiermee die kans verspeel om die Vodacom Blou Bulle op die punteleer van Absa se Onder-21 Provinsiale Kampioenskappe verby te steek. Die Blou Bulle, wat ‘n loslootjie gehad het, is steeds bo-aan die punteleer met 36 punte, KZN het 33 en die DHL Westelike Provinsie het 31.

Die Luiperds is tans vierde met 25 punte, die Cheetahs het 22 en die Leeus het 19, met twee rondtes oor in die reeks.

Die Luiperds het op DHL Nuweland ondanks ‘n goeie terugevegpoging in die tweede helfte twee bonuspunte in hul 39-34 nederlaag verdien.

Die Toyota Vrystaat het ook sy buitekans op ‘n halfeindstryd behou deur Grens met 29-8 in Oos-Londen te klop.

In die Eerste Liga van Absa se Provinsiale Kampioenskapsreeks is die OP Kings steeds onoorwonne en het Vrydag sy vyfde sege agtereenvolgens behaal deur Ford Pumas met 41-3 af te slag.

Die Valke het ook Regent Boland se wendroogte in die kompetisie vererger deur met 37-29 in Kempton Park te wen, terwyl die SWD Arende te sterk was vir die Griffons en hulle met 46-27 geklop.

Slegs Boland en die Griffons is nie meer in die wedloop om die uitspeelstryd te haal nie.

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
Lions Challenge
Friday, June 21 2013
19:00 - MTN Lions vs Sharks
Ellis Park, Johannesburg
Internationals
Saturday, June 22 2013
09:35 - New Zealand vs France
Yarrow Stadium, New Plymouth
British & Irish Lions
12:00 - Australia vs B & I Lions
Suncorp Stadium, Brisbane
Castle Lager Incoming Series
14:15 - Scotland vs Italy
Loftus Versfeld, Pretoria
17:15 - South Africa vs Samoa
Loftus Versfeld, Pretoria
IRB Junior World Championship
Sunday, June 23 2013
15:15 - Loser Match 23 vs Loser Match 24
Stade de la Rabine, Vannes
18:45 - Wales vs England
Stade de la Rabine, Vannes
U13 Craven Week
Monday, June 24 2013
08:30 - Golden Lions vs Zimbabwe
Warmbaths HS, Bela-Bela
LSEN Week
08:30 - Boland vs Valke
Daniel Pienaar A-Field, Uitenhage
08:30 - SWD vs Blue Bulls EO
Daniel Pienaar B-Field, Uitenhage

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.