NEWS ARTICLES
EP Kings wen o.19 titel
October 14, 2013
Die OP Kings is die Absa Provinsiale Onder-19 B-Afdeling kampioene.

Die Baaise span het Vrydagaand in Nelspruit met die Valke afgereken en sal nou probeer om A-Afdeling status te verwerf in uitspeelwedstryde teen die Border Bulldogs.

Die Kings met 56-40 gewen en daarmee ook die Oos-Rand span sy eerste nederlaag van die seisoen toegedien.

Die OP het derde op die punteleer klaargemaak, maar hom min gesteur aan die reputasie van die Valke en van meet af ingeklim. Hulle was reeds 31-16 voor met die rustyd en ondanks ‘n puik terugvegpoging in die tweede helfte, kon die Valke net nie al die gate toestop in die laaste tien minute nie.

Senter Selvyn Davids sal die wedstryd lank onthou. Hy het drie keer gaan druk en met vyf doelskoppe en twee strafdoele geslaag vir ‘n persoonlike bydrae van 31 punte. Sy heelagter Kaya Malotana het ook drie keer gaan druk.

Davids se eerste drie was reeds in die derde minuut van die wedstryd en hoewel Matthys Venter die Valke agterstand verklein het met ‘n strafdoel, was Matthew Moore kort daarna oor die doellyn vir die Kings se tweede drie en ‘n 12-3 voorsprong.

Die Valke het met nog ‘n straf- en skepdoel deur Venter nadergekruip en selfs die voortou (16-12) geneem toe senter Martin Ueckermann gaan druk het.

Daarna was daar egter net een span op die veld. Drieë deur Malotana, Sergeal Pietersen en Davids se tweede het die gaping voor rustyd oopgeruk.

Die Valke het probeer terugveg in die tweede helfte. Jean-Claude van Zyl het kort na die hervatting gedruk en Venter, die voorste puntemaker in die kompetisie, het verdoel. ‘n Strafdoel deur Davids het die gaping effens gerek voordat Andries Schutte gaan druk het om die voorsprong te verklein (34-30).

Die voorste driedrukker indie kompetisie, die Valke-skrumskakel Francwa Ueckermann, het sy reputasie gestand gedoen en oorgeval vir ‘n drie wat sy span vir die eerste keer laat voorloop het (34-37).

Die laaste kwartier het egter aan die Kings behoort. Eers het Malotana sy tweede en derde drieë gekry voordat Davids die uitslag bo-alle twyfel gestel het met ‘n strafdoel en en ‘n derde drie wat hy self verdoel het.

Puntemakers:

Valke 40 (16). Drieë: Andries Schutte, Francwa Ueckermann, Jean-Claude van Zyl, Martin Ueckermann. Doelskoppe: Matthys Venter (4). Strafdoele: Venter (2). Skepdoel: Venter.
OP Kings 56 (31). Drieë: Khaya Malotana (3), Selvyn Davids (3), Matthew Moore, Sergeal Petersen. Doelskoppe: Davids (5). Strafdoele: Davids (2).

•The EP Kings outplayed the Valke 56-40 to win the Absa Under-19 B-Division title in Nelspruit on Friday night. The PE side had a 31-16 lead at the break.

Two hat-tricks, one by outside centre Selvyn Davids (who scored 31 points) and one by fullback Khaya Malotana sealed the Valke’s fate. The East Rand side finished the regular season undefeated and this was their first loss in nine matches.

Scorers:

Valke 40 (16). Tries: Andries Schutte, Francwa Ueckermann, Jean-Claude van Zyl, Martin Ueckermann. Conversions: Matthys Venter (4). Penalties: Venter (2). Dropgoal: Venter.
EP Kings 56 (31). Tries: Khaya Malotana (3), Selvyn Davids (3), Matthew Moore, Sergeal Petersen. Conversions: Davids (5). Penalties: Davids (2).

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
Absa Under 19 Competition
Friday, September 19 2014
15:00 - Golden Lions U19 vs Sharks U19
Ellis Park, Johannesburg
15:00 - Border U19 vs Griquas U19
BCM Stadium, East London
Absa Under 21 Competition
16:40 - Golden Lions U21 vs Sharks U21
Ellis Park, Johannesburg
Absa Currie Cup First Division
17:00 - Border Bulldogs vs Leopards
BCM Stadium, East London
Inter Provincial Women A 1
19:00 - Border vs Western Province
BCM Stadium, East London
Absa Currie Cup Premier Division
19:10 - Xerox Golden Lions vs Steval Pumas
Ellis Park, Johannesburg
Absa Under 19 Competition
Saturday, September 20 2014
10:45 - WP U19 vs EP Kings U19
City Park Stadium, Cape Town
11:00 - Leopards U19 vs Blue Bulls U19
Profert Olen Park, Potch
11:00 - SWD U19 vs Boland U19
Outeniqua Park, George
11:20 - Valke U19 vs Griffons U19
Barnard Stadium, Kempton Park

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.