NEWS ARTICLES
Griekwas val vas, Kavaliers wen eerste keer
September 10, 2012
Die eerste gelykop-uitslag van die kompetisie en Griekwas wat hul onoorwonne status verloor. Dit was die hoogtepunte van Absa se Onder-21 Provinsiale Kampioenskappe (Eerste Liga) afgelope naweek.

GWK Griekwas het hulle op Outeniquapark in die skopstewel van Chris Willemse vasgeloop.

Die SWD Arende-losskakel het met vyf strafdoele geslaag in sy span se 15-10 sege, met Griekwas wat slegs met ‘n verdoelde drie en ‘n strafdoel kon antwoord.

Willemse het met vier strafdoele in die eerste 20 minute van die eerste helfte die besoekers se swak dissipline uitgebuit en kort voor die rustyd met sy vyfde geslaag om sy span op die wenpad te plaas.

Die gelykop-uitslag tussen die Valke en Ford Pumas in Kempton Park was ‘n goeie uitslag in ‘n wedstryd wat deurentyd wipplank gery het. Die tuisspan was rustyd 19-17 voor.

Swak stelskopwerk deur beide spanne was ‘n kenmerk van die helfte, met slegs drie van nege skoppe pale toe wat die vlae laat lig het.

Die Pumas het aanvanklik, danksy drieë deur Christiaan van Wyk en twee deur Malcolm Moore, ‘n 17-6 voorsprong geniet, voordat Mornè du Plessis en Fanie Raseroka vir die tuisspan gaan druk het.

Die Valke-losskakel, Andrè Smit, wat uiteindelik met vier strafdoele en ‘n drie 17 van sy span se punte aangeteken het, was daarna oor die doellyn en het met ‘n strafdoel geslaag om sy span met 27-17 te laat voorloop.

‘n Drie deur Wayne Short en ‘n suksesvolle doelskop en ‘n strafdoel in die laaste minuut deur Ryno Brits het egter die telling gelykop gemaak.

In Welkom het die Regent Boland Kavaliers sy wedstryd teen die Griffons met 30-12 gewen en daarmee sy eerste sege in die toernooi behaal. Ashley Esau het goed pale toe geskop en danksy twee drieë deur senter Renaldo Petersen, kon die Kavaliers die bonuspunt ook verwerf.

•Al die uitslae, puntemakers en ander inligting van bogenoemde wedstryde is op die uitslae-afdeling van die webwerf beskikbaar.

English version

A first draw in the Absa Under-21 Provincial Championship’s First Division, Griquas losing their undefeated status and Boland winning their first match of the competition are all highlights on last weekend’s action.

GWK Griquas walked straight into the kicking boot of Chris Willemse at Outeniqua Park in George. The SWD Eagles flyhalf kicked five penalties in his side’s 15-10 win, with the visitors replying with a converted try and a penalty.

Willemse punished Griquas early in the half, kicking four penalties in the opening 20 minutes and another just before the break to lay the path to victory for this side.

The draw between the Valke and Ford Pumas in Kempton Park was a fair result in a tight match.

The Valke were leading 19-17 at the break in a match where poor goal kicking was prominent in the first half, with only three out of nine kicks being successful.

The Pumas started well and after tries by Christiaan van Wyk and a brace by Malcolm Moore had a 17-6 lead. Tries by Mornè du Plessis en Fanie Raseroka brought the Valke back into the match.

Flyhalf Andrè Smit, who would eventually score 17 of his side’s points through a try and four penalties, crossed the line in the second half and added a penalty to extend their lead to 27-17.

A try by Wayne Short and a successful conversion and a penalty a minute before time by Ryno Brits secured the draw and three points out of the match for the Pumas.

In Welkom the Regent Boland Kavaliers won his first match in the tournament by beating Griffons 30-12. A solid kicking display by Ashley Esau and a brace by outside centre Renaldo Petersen secured the win and a bonus point.

•All the results and a breakdown of these matches are available under the results banner of the website.

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
Absa Under 19 Competition
Friday, September 05 2014
17:00 - EP Kings U19 vs Sharks U19
NMMU Stadium, PE
Absa Under 21 Competition
18:00 - Border U21 vs Sharks U21
BCM Stadium, East London
Absa Currie Cup Premier Division
19:10 - DHL Western Province vs EP Kings
DHL Newlands, Cape Town
The Castle Lager Rugby Championship
Saturday, September 06 2014
09:35 - New Zealand vs Argentina
McLean Park, Napier
Absa Under 19 Competition
11:00 - Free State U19 vs Leopards U19
Free State Stadium, Bloemfontein
11:45 - Griffons U19 vs Boland U19
North West Stadium, Welkom
12:00 - Valke U19 vs SWD U19
Barnard Stadium, Kempton Park
The Castle Lager Rugby Championship
12:05 - Australia vs South Africa
Patersons Stadium, Perth
2015 Community Cup Qualifying - Regional Play-Offs
12:45 - Leopards 2 (Vaal Reefs) vs Valke 2 (Brakpan)
Olen Park, Potchefstroom
Absa Under 21 Competition
13:00 - Free State U21 vs Leopards U21
Free State Stadium, Bloemfontein

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.