NEWS ARTICLES
Halfeindstryde in B-afdeling bepaal
September 30, 2013
Boland ontvang die Limpopo Blou Bulle in Wellington en die OP Kings speel gasheer vir GWK Griekwas in die twee Absa Onder-21 B-afdeling halfeindstryde wat Vrydag gespeel word.

Die onoorwonne Kings (35 punte) het bo-aan die punteleer klaargemaak en Griekwas (17)vierde, terwyl die Boland (30) net-net voor Limpopo Blou Bulle geëindig het en nou die span van Limpopo ontvang.

Die halfeindstryde volg na die laaste reeks ligawedstryde afgelope naweek.

Die OP Kings het sy onoorwonne status behou deur die Limpopo Blou Bulle met 37-33 in Groblersdal te verslaan. Die tuisspan het vyf drieëeen vier gedruk en rustyd nog 26-17 voorgeloop, maar kon nie die besoekers se eindpoging afweer nie.

Boland het maklik met die Griffons in Wellington afgereken en met 52-13 gewen, terwyl Griekwas danksy ‘n 25-10 sege oor die SWD Arende die vierde plek op die punteleer kon verseker.

In hul laaste wedstryde van die seisoen kon die Valke daarin slaag om die Steval Pumas te klop. Friedle Olivier het twee keer gaan druk in sy span se 27-19 sege.

•In die Absa Onder-19 B-afdeling halfeindstryde speel die Valke in Kempton Park teen SWD en Boland ontvang die OP Kings in Wellington.

Die Valke het bo-aan die punteleer klaargemaak deur al sewe sy wedstryde te wen. Die Steval Pumas was afgelope Saterdag die laaste span om voor die Oos-Randers te swik. Die Valke het met 21-3 gewen.

Die OP Kings sal baie moed skep uit sy wegsege teen die Limpopo Blou Bulle. Hulle het met 26-16 in Groblersdal gewen. Drie strafdoele en ‘n doelskop deur Jason Baggott het die sege vergemaklik.

Die wedstryd tussen SWD en die GWK Griekwas in George was ‘n uitklop in eie reg, met die wenner wat vierde op die punteleer sou klaarmaak. Die tuisspan het met 29-26 gewen en veral in die tweede helfte met goeie rugby die besoekers se verdediging oorhoops gehad en al vier sy drieë in die tyd gedruk.

Die Regent Boland Kavaliers was reeds seker van die tweede plek op die punteleer voor sy wedstryd teen die Griffons, maar sal nogtans teleurgesteld wees in die 30-22 nederlaag.

Beide spanne het vier drieë gedruk, maar die Griffons se Deon Taljaard het sy skopskoene aangehad en dit het die verskil gemaak.

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
Absa Under 19 Competition
Friday, September 19 2014
15:00 - Golden Lions U19 vs Sharks U19
Ellis Park, Johannesburg
15:00 - Border U19 vs Griquas U19
BCM Stadium, East London
Absa Under 21 Competition
16:40 - Golden Lions U21 vs Sharks U21
Ellis Park, Johannesburg
Absa Currie Cup First Division
17:00 - Border Bulldogs vs Leopards
BCM Stadium, East London
Inter Provincial Women A 1
19:00 - Border vs Western Province
BCM Stadium, East London
Absa Currie Cup Premier Division
19:10 - Xerox Golden Lions vs Steval Pumas
Ellis Park, Johannesburg
Absa Under 19 Competition
Saturday, September 20 2014
10:45 - WP U19 vs EP Kings U19
City Park Stadium, Cape Town
11:00 - Leopards U19 vs Blue Bulls U19
Profert Olen Park, Potch
11:00 - SWD U19 vs Boland U19
Outeniqua Park, George
11:20 - Valke U19 vs Griffons U19
Barnard Stadium, Kempton Park

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.