NEWS ARTICLES
OP slaan kitaar in B-Afdeling
September 23, 2013
Die OP Kings, Limpopo Blou Bulle en Regent Boland Kavaliers veg verwoed vir die tuisveldvoordeel van die halfeindstryde in die Absa Onder-21 Kampioenskap.

Die Kings loop voor na ses onoorwonne stryde, terwyl die Limpopo span en Boland, wat elk nog net een keer verloor het, ‘n gaping tussen hulle en die res van die deelnemers oopgespeel het.

Die Kings het Vrydag in Port Elizabeth weer heeltemal te veel ammunisie gehad vir die Valke en maklik met 87-17 gewen. Die span het 13 drieë gedruk en was met die rustyd alreeds 47-3 voor.

Puntemakers:

OP Kings 87 (47). Drieë: Eben Barnard, Shane Gates, Siphesihle Punguzwa (2), Simphumelele Msutwana, Siviwe Soyiwapi (2), Sonkosi Kuhle, Sonwabo Majola (2), Wayven Smith, Yakha Qinela. Doelskoppe: Ruan Allerston (8), Gavin Haupfleisch (3).
Valke 17 (3). Drieë Daymin van Vuuren, Friedle Olivier. Doelskoppe: Paul Walters (2). Skepdoel: Deon Hendrikz.

•In Nelspruit het die Steval Pumas homself vasgesloop teen ‘n besoekende Bolandspan wat heeltemal te vaardig op die aanval was.

Die Bolanders het vier keer gaan druk en ‘n strafdrie gekry om uiteindelik met 31-10 te wen.

Puntemakers:

Steval Pumas 10 (3). Drie: Christo Nelson. Doelskop: Juan van der Merwe. Strafdoel: Juan van der Merwe.
Regent Boland Kavaliers 31 (17). Drieë: Ernst Claassen, Glendon du Plessis, Jovelain de Koker, Kyle Mettler, Strafdrie. Doelskoppe: Sherwin Dyson (2), Ashley Esau.

•GWK Griekwas sal homself skop nadat hy teen die Limpopo Blou Bulle in Kimberley vasgeval het.

Dit was deurentyd ‘n gelykopstryd en die tuisspan was rustyd nog 13-12 voor, maar ‘n sterk eindpoging deur die span van Polokwane het die verskil gemaak en hulle kon met 24-19 wen.

Puntemakers:

GWK Griekwas 19 (13). Drieë: Leroy Bitterhout, Renier Botha. Strafdoele: Jonty Gray (2), Thinus van der Merwe.
Limpopo Blou Bulle 24 (12). Drieë: Barend Wessels, Bernard Nortje, Donovan O’Grady, Robey Leibrandt. Doelskoppe: Marcel Scholtz (2).

•Die wedstryd tussen Down Touch Griffons en SWD het puik hardlooprugby opgelewer en nege drieë is in Welkom gedruk.

Die tuisspan het uiteindelik met 41-22 gewen, maar as die Arende se stelskopwerk pale toe beter was, kon sake meer spannend verloop het.

Puntemakers:

Griffons 41 (24). Drieë: Dean Rossouw, Ernst Wepener, LC van Tonder, Ryno Venter (2). Doelskoppe: Venter, Andries de Wet. Strafdoele: Venter (2). Skepdoele: De Wet (2).
SWD 22 (15). Drieë: Chris Willemse, Jade Roelfse, Jerome Fielies, Kirsten Heyns. Doelskop: C-Than Moos.

•In die Absa Onder-19 Provinsiale Kampioenskap se B-afdeling is die Valke steeds bo-aan die punteleer. Die onoorwonne span van die Oos-Rand het tot dusver al ses sy wedstryde gewen en tot dusver in elkeen van daardie wedstryde ‘n bonuspunt vir vier drieë losgespeel.

Boland lyk ook stewig op pad na ‘n halfeindstryd in die tweede plek op die puntelys, terwyl slegs die Pumas nie meer die uitspeelfase kan haal nie.

Uitslae:

Steval Pumas 20, Regent Boland Kavaliers 39; OP Kings 39, Valke 41; Griffons 27, SWD 30; Griekwas 40, Limpopo Blou Bulle 38.

•For a match breakdown and full results, including leading scorers, try scorers and logs, go to the results page of the website and click on the appropriate link.

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
Inter Provincial Women B
Friday, July 25 2014
12:00 - Leopards vs Griquas
Profert Olen Park, Potch
2014 Commonwealth Games
Saturday, July 26 2014
09:32 - New Zealand vs Canada
Vodacom Super Rugby
09:35 - Crusaders vs Cell C Sharks
AMI Stadium, Addington, Christchurch
2014 Commonwealth Games
09:54 - Australia vs Sri Lanka
10:16 - Kenya vs Cook Islands
Absa Under 19 Competition
11:00 - Sharks U19 vs WP U19
Growthpoint KINGS PARK, Durban
2014 Commonwealth Games
11:00 - Wales vs Malaysia
Vodacom Super Rugby
11:40 - Waratahs vs Brumbies
Allianz Stadium, Sydney

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.