NEWS ARTICLES
Drieëfees in Absa Onder-21 B-Afdeling
August 26, 2013
Daar was ‘n drieëfees afgelope naweek in die Absa Onder-21 Provinsiale Kampioenskapsreeks se B-Afdeling.

‘n Gemiddeld van 11 drieë per wedstryd was ‘n kenmerk van die naweek se spel, met die puik vertoning deur die Limpopo Blou Bulle se span weer opvallend.

Die span van Polokwane het die Steval Pumas in die Peter Mokaba Stadion in Polokwane met 53-19 geklop. Dit was hul tweede agtereenvolgende oorwinning.

Willem Engelbrecht was die groot uitblinker vir die tuisspan en het drie keer gedruk. Die Pumas-losskakel Morne van den Berg het heelwat ondernemingsgees vir sy span getoon, maar die tuisspan was veels te sterk.

Puntemakers:

Limpopo Blou Bulle 53 (22). Drieë: Bernard Nortje, Donovan O’Grady, Jonty Sheldon, Enslin Scholtz, Willem Engelbrecht (3), Wolta Msweni. Doelskoppe: Scholtz (5). Skepdoel: Scholtz.
Steval Pumas 19 (7). Drieë: Christo Nelson, Corne Rautenbach, Johan Pretorius. Doelskop: Morne van den Berg, Juan van der Merwe.

Twaalf drieë was die bonus vir die toeskouers wat vroeg genoeg opgedaag het om die Regent Boland Onder-21 span se wedstryd teen die SWD Arende dop te hou.

Die Boland het die wedstryd met 56-24 gewen en nege keer gaan druk. Arno Fortuin, Conway Pretorius en Dylan Joseph het twee keer elk agter die pale gaan kuier.

Puntemakers:

Regent Boland 56 (44). Drieë: Arno Fortuin (2), Conway Pretorius (2), Johan Lambrechts, Dylan Joseph (2), Kirwan Horsemend, Wade Schoor. Doelskoppe: Ashley Esau (3), Sherwin Dyson. Strafdoel: Esau.
SWD Arende 24 (3). Drieë: Chris Willemse, Dillin Snel, Marcelino Marais. Doelskoppe: Willemse (3).

Die wedstryd tussen die Valke en GWK Griekwas was uiters opwindend, maar soos verlede week het die Valke se swak skopwerk pale toe hulle die wedstryd gekos.

Die tuisspan kon nie een van sy vyf drieë verdoel nie en het uiteindelik met 39-28 teen Griekwas vasgeval.

Friedle Olivier en Maxwell Sehoole het elk twee keer vir die Valke gedruk.

Puntemakers:

Valke 28 (23). Drieë: Adriaan van den Berg, Friedle Olivier (2), Maxwell Sehoole (2). Strafdoel: Deon Hendrikz.
GWK Griekwas 39 (12). Drieë: Grant Diamonds, George du Raan, Hendrik Pretorius, Jaco de Jager, Thinus van der Merwe, Ruan Roets. Doelskoppe: Juan Vos, Jonty Gray (2). Strafdoel: Gray.

Die OP Kings was veels te sterk vir die Down Touch Griffons en het 58-7 gewen nadat hulle 39-0 voor was met rustyd. Die tuisspan het 10 keer gaan druk, met Lonwabo Ntleki wat ‘n driekuns behaal het.

Puntemakers:

OP Kings 58 (39). Drieë: Aidon Davis, Fred Roberts, Lonwabo Ntleki (3), Marlou van Niekerk, Siphe Pungwaza, Siviwe Soyizwapi (2), Wayven Smith. Doelskoppe: Sonwabo Majola, Van Niekerk (2), Juan Smit.
Down Touch Griffons 7 (0). Drie: Wayne Ludick. Doelskop: Ryno Venter.

•In die Onder-19 kompetisie het sake meer gelykop verloop, maar die Limpopo Blou Bulle het ook hier ‘n groot sege behaal.

Die tuisspan het Steval Pumas met 62-14 geklop en tien drieë gedruk.

Regent Boland het SWD Arende met 24-14 geklop en vier drieë gedruk vir ‘n belangrike bonuspunt. Phil-Lee George het twee daarvan aangeteken.

Die Valke se Onder-19 span was aan die wenkant teen GWK Griekwas en het 31-2- gewen. Losskakel Matthys Venter het al vier sy span se drieë verdoel en met ‘n strafdoel geslaag.

Die wedstryd tussen die OP Kings en Down Touch Griffons het goeie rugby opgelewer. Die Kings het 42-20 gewen nadat hulle 21-13 voor was met rustyd.

Losskakel Bradley Swarts het al ses sy span se drieë verdoel.

•All results and run of play statistics of the Absa Under-19 and Absa Under-21 B-Division matches are available on the site. Just click on the results section of the page and search for the relevant match.

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
2015 Community Cup Qualifying - KZN Fidelity Security Moor Cup
Thursday, July 24 2014
20:00 - FNB UKZN Impi vs SA Home Loans Durban Collegians
Peter Booysen Park, UKZN Pietermaritzburg Campus
Inter Provincial Women B
Friday, July 25 2014
12:00 - Leopards vs Griquas
Profert Olen Park, Potch
2015 Community Cup Qualifying - Mpumalanga Leagues
Saturday, July 26 2014
00:00 - Winner QF1 vs Winner QF3
2014 Commonwealth Games
09:32 - New Zealand vs Canada
Vodacom Super Rugby
09:35 - Crusaders vs Cell C Sharks
AMI Stadium, Addington, Christchurch
2014 Commonwealth Games
09:54 - Australia vs Sri Lanka
10:16 - Kenya vs Cook Islands
11:00 - Wales vs Malaysia

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.