NEWS ARTICLES
Limpopo Blou Bulle slag Arende af in George
August 19, 2013
Die span van Limpopo Blou Bulle het sy debuut in die B-Afdeling van die Absa Onder-21 Provinsiale Kampioenskap op ‘n uitstekende noot begin deur SWD met 60-0 in George te klop, terwyl Regent Boland, Oostelike Provinsie en Down Touch Griffons ook hul seisoen met ‘n sege afgeskop het.

Die span van Polokwane het 10 drieë gedruk en was met die rustyd reeds 43-0 voor.

Puntemakers:

SWD Arende 0 (0).
Limpopo Blou Bulle 63 (43). Drieë: Benard Nortje, Willem Ras (2), James Wepener, Oskar Calitz, Trent Williams, Werner van Heese (2), Willem Engelbrecht (2). Doelskoppe: Marcel Scholtz (5).

•Die span van Boland het in Kimberley heeltemal te veel skietgoed vir GWK-Griekwas gehad en met 78-28 gewen.

Die besoekers het 12 drieë gedruk en veral in die tweede helfte heeltemal die oorhand gehad. Sake was nog redelik gelykop met die rustyd, met die besoekers wat met 28-21 voor was, maar daarna was daar net een span op die veld.

Die Bolandse vleuel, Kirwan Horsemend, wat vir Worcester Villagers speel, het vier keer agter die Griekwas doellyn gaan kuier.

Puntemakers:

GWK-Griekwas 28 (21). Drieë: Arrie van der Berg, Jonty Gray, Marthinus van der Merwe, Rossouw Pienaar. Doelskoppe: Gray, Juan Vos (3)
Regent Boland 78 (28). Drieë: Arno Fortuin, Ashley Esau, Francois Basson, Johann Lambrechts, Juandre Joseph, Kelvin Fikster, Kirwan Horsemend (4), Lee-Heino Appollis, Wade Schoor. Doelskoppe: Ashley Esau (8), Sherwin Dyson.

•Die teenwoordigheid van spelers met Vodacom Super Rugby ondervinding het in Nelspruit vir die Oostelike Provinsie gehelp om die Steval Pumas in Nelspruit te klop.

OP het met 46-20 gewen nadat hulle rustyd 24-20 voor was. Sergeal Petersen, Shane Gates, Siviwe Soyizwapi en die Junior Springbok Aiden Davis was almal onder die puntemakers vir die besoekers.

Puntemakers:

Pumas 20 (20). Drieë: Dirk Louwies, Johannes Pretorius, Pule Sibiya. Doelskop: Juan van der Merwer. Strafdoel: Van der Merwe.
OP 46 (24). Drieë: Aidon Davis, Eben Barnard, Juan Smit, Kevin Kaba, Kuhle Sonkosi, Sergeal Petersen, Siphesihle Punguzwa, Siviwe Soyizwapi. Doelskoppe: Marlou van Niekerk (2), Shane Gates.

•Die Down Touch Griffons het in Welkom harde bene gekou, maar kon uiteindelik die Valke met 32-30 klop in ‘n wedstryd wat deurentyd wipplank gery het.

Met rustyd was die besoekers nog 18-14 voor, maar die skopvoet van Rayno Venter het sy span se neus voorgekry en daarna kon hulle vasbyt vir die sege.

Swak skopwerk pale toe het die Valke gekos en hulle kon slegs een van hul vyf drieë verdoel.

Puntemakers:

Griffons 32 (14). Drieë: Ernst Wepener, Ryno Venter, Thabiso Kgobe, Wayne Ludick. Doelskoppe: Venter (3). Strafdoele: Venter (2).
Valke 30 (18). Drieë: Ernst Behr (2), Friedle Olivier, Ruben Smith (2). Doelskop: Deon Hendrikz. Strafdoel: Hendrikz.

•Limpopo Blue Bulls in historic win

The Limpopo Blue Bulls recorded a 60-0 win over SWD in George in their opening B Division clash in the Absa Under 21 Provincial Championship, while the Regent Boland team scored 12 tries in a 78-28 romp over Griquas in Kimberley.

A third home team to taste defeat were the Steval Pumas team, who fell to the EP Kings. The visitors won 46-20.

The Down Touch Griffons could use their home town advantage though to get one over the Valke in Welkom, winning 32-30.

A full run of play report of each match is available under the results section of the website.

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
Inter Provincial Women A
Saturday, August 01 2015
12:30 - WP vs Border
City Park Stadium, Cape Town
Absa Under 19 Competition
13:00 - Sharks U19 vs Leopards U19
Growthpoint KINGS PARK, Durban
14:00 - Western Province U19 vs Golden Lions U19
DHL Newlands, Cape Town
Inter Provincial Women B
14:00 - Leopards vs Limpopo Blue Bulls
Profert Olen Park, Potchefstroom
Absa Under 21 Competition
15:00 - Sharks U21 vs Leopards U21
Growthpoint KINGS PARK, Durban
Inter Provincial Women A
15:00 - Blue Bulls vs SWD
Loftus B
15:00 - EP vs KZN
NMMU Missionvale Campus, PE
Inter Provincial Women B
15:00 - Griquas vs Boland
Nababeep Sport Grounds, Springbok
15:00 - Griffons vs Free State
Bronville Stadium
15:00 - Valke vs Golden Lions
Isak Steyl Stadium

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.