NEWS ARTICLES
Kings en Valke B-Afdeling se pas-aangeërs
September 16, 2013
Die OP Kings is steeds onoorwonne in die B-Afdeling van Absa se Onder-21 Provinsiale Kampioenskap en sy sege afgelope naweek oor die Regent Boland Kavaliers was die vyfde agtereenvolgende in die kompetisie.

Die Baaienaars,wat met 31-17 in Wellington gewen het, kon reeds vanjaar 264 punte opstapel (38 drieë) en het slegs 60 afgestaan (8 drieë).

Die Boland se Kirswan Horsemend het twee keer gaan druk om die voorste driedrukker in die kompetisie te word met nege drieë, maar dit het nie gehelp om die besoekers hok te slaan nie. OP was rustyd reeds 24-5 voor.

Puntemakers:

Boland 17 (5). Drieë: Kirwan Horsemead (2), Johan Lambrechts. Doelskop: Ashley Esau.
OP 31 (24). Drieë: Aidon Davis, Marlou van Niekerk (2), Siviwe Soyizwape. Doelskoppe: Ruan Allerston. Strafdoel: Allerston.

•In George het die SWD Arende en die Steval Pumas mekaar tot in die doodsnikke van hul wedstryd aan die keel beet gehad. Die besoekers het 32-31 gewen nadat hulle 12-7 voor was.

Die tuisspan het sy beste vertoning van die seisoen gelewer en vyf keer gaan druk,met Jerome Fielies wat ‘n driekuns behaal het. Sy derde drie het die punteverskil tot een verklein, maar die Pumas kon vasbyt vir hul sege.

Puntemakers:

SWD 31 (7). Drieë: Dillin Snel, Jerome Fielies, Nathan Luiters. Doelskoppe: Chris Willemse.
Pumas 32 (12). Drieë: Corne Rautenbach, Kyran Odendaal (2), Pieter Killian, Pule Sibiya. Doelskoppe: Christo Nelson, Juan van der Merwe. Strafdoel: Van der Merwe.

•In Kimberley kon GWK Griekwas nie daarin geslaag om sy tuisveldvoordeel vir hom te laat werk nie en het 31-24 teen die Down Touch Griffons verloor. Beide spanne het nou twee van hul vyf wedstryde gewen.

Die verskil tussen die twee spanne was beter afronding.

Puntemakers:

Griekwas 24 (12). Drieë: George du Raan, Lyvette Shikwambana, Martin van der Merwe, Reynardt Muller. Doelskoppe: Jonty Gray, Leroy Bitterhout.
Griffons: 31 (7). Drieë: Henry Hall, Jacques le Roux, Willem van Staden, Wynand Breytenbach (2). Doelskoppe: Ryno Venter (3).

•In Polokwane het die tuisspan heeltemal te veel skietgoed vir die Valke gehad. Die Limpopo Blou Bulle het sewe keer gaan druk om 48-10 te wen.

Hulle samespel was een te veel vir die besoekers, wat net eenvoudig nie al die gate kon toestop nie.

Puntemakers:

Limpopo Blou Bulle 48 (22). Drieë: Divan Nel, Graham Logan, Jan-Boland Deysel, Jonty Shelton, Pieter Kruger (2), Primo Ncube. Doelskoppe: Marcel Scholtz (5). Strafdoel: Scholtz.
Valke 10 (7). Drie: Mandla Mdaka. Doelskop: Deom Hendrikz. Strafdoel: Deon Hendrikz.

•In die Absa Onder-19 Provinsiale Kampioenskap B-Afdeling is die Valke die pas-aangeër. Die span het al vyf sy wedstryde gewen.

Regent Boland Kavaliers en OP Kings vaar ook goed. Hulle wedstryd afgelope naweek was baie gelykop, met Boland wat 26-24 gewen het.

Uitslae van die naweek is: Limpopo Blou Bulle 18, Valke 32; Griekwas 25, Griffons 21; SWD 55, Pumas 12; Boland 26, OP 24.

For all results in the Absa Under-21 and Under-19 provincial championship matches, please go to the tournament page on the website and click on the respective link.

MATCH CENTRE
FIXTURES
     
RESULTS
     
2015 Community Cup Qualifying - KZN Fidelity Security Moor Cup
Thursday, July 24 2014
20:00 - FNB UKZN Impi vs SA Home Loans Durban Collegians
Peter Booysen Park, UKZN Pietermaritzburg Campus
Inter Provincial Women B
Friday, July 25 2014
12:00 - Leopards vs Griquas
Profert Olen Park, Potch
2015 Community Cup Qualifying - Mpumalanga Leagues
Saturday, July 26 2014
00:00 - Winner QF1 vs Winner QF3
2014 Commonwealth Games
09:32 - New Zealand vs Canada
Vodacom Super Rugby
09:35 - Crusaders vs Cell C Sharks
AMI Stadium, Addington, Christchurch
2014 Commonwealth Games
09:54 - Australia vs Sri Lanka
10:16 - Kenya vs Cook Islands
11:00 - Wales vs Malaysia

Copyright 2011 - SARU. All Rights Reserved.